Politieke wetenskap (ook politikologie, staatsleer of politieke wetenskappe) is die sosiale wetenskaplike dissipline wat gefokus is op die studie van die politiek. Politieke wetenskap word gekenmerk deur die omvattende belangstelling in politiek in al sy veelheid van vorms. Politieke wetenskap verteenwoordig nie net een metode of 'n dominante teoretiese benadering nie. In metodologiese en teoretiese opsig is die politieke wetenskap pluralisties; daar is verskillende teoretiese benaderings, soos politieke sielkunde, rasionele keuse teorie en institusionalisme wat langs mekaar gebruik word deur politieke wetenskaplikes, soms deur navorsers geïntegreerd word en soms in akademiese debatte teenoor mekaar staan; politieke wetenskaplikes pas verskillende metodes toe, kwalitatiewe ondersoeksmetodes, soos oorsaak navorsing en kwantitatiewe ondersoeksmetodes, soos statistiek en eksperimente.
Een van die redes vir die pluralisme in die politieke wetenskap is dat die begrip 'politiek' 'n wesenlike betwiste begrip is. Daar is breedweg twee benaderings tot die begrip 'politiek'. Die eerste doel met politiek fokus op die instellings van die regering. Politieke wetenskap is dan die studie van hierdie instellings. Die tweede sien politiek as die gebruik van mag deur mense oor ander mense, is politieke wetenskap die studie van "die tegnieke vir die gebruik van sosiale mag" en beperk hom nie net tot die regering nie maar is toepasbaar op alle sosiale velde waar mag gebruik word.
Politieke wetenskaplikes verleen ook dikwels metodes, teorieë en begrippe uit ander dissiplines, soos sosiologie, sielkunde, ekonomie, filosofie, regte en geskiedenis. Die skeidings tussen hierdie dissiplines en politieke wetenskap is nie skerp gedefinieer nie. In die grensgebiede tussen hierdie dissiplines en politieke wetenskape lê subdissiplines soos politieke sosiologie, politieke sielkunde, politieke ekonomie, politieke filosofie, staatsreg en politieke geskiedenis.